SKU: ISBN978-0-9922289-2-7-1 Category:

Wat Rym met Slym? – Digbundel vir Kinders

R120.00

Daar is verseker geen kind wat nie van rym hou nie – dis soos slym. Slym is glad en koel en taai en klou aan alles vas aan alles. Rym sit ook vas: jy kan dit nie vergeet nie.

Hierdie bundel bevat 175 Nuwe kinder-en-kleutergedigte: ‘n mengelmoes van kort en lank, snaaks en ernstig, beestelik en geestelik.

Dit is uiters geskik vir:

  • VOORDRAG – konserte en kunstefees
  • CAPS kurrikulum – verskeie temas
  • OPVOEDKUNDE – inligting oor diere, land, ruimte, ens.
  • LEES – taalvaardigheid, klank, lettergrepe, idiome en rym
  • GEHEUE – begripstoetse, raaisels en vrae.
  • GEESTELIKE GROEI – leer Bybelkarakters-en-verhale.

Meer Inligting:

  • Gelamineerde buiteblad
  • Bladsye: 100
  • Illustrasies: Swart en Wit
  • Gepas vir kleuters tot kinders 11 jaar oud
  • Ook beskikbaar in digitale weergawe (aflaaibare pdf)

Soekie en die Radikids is reeds jare bekend vir hulle opgewekte Christelike
kindermusiek. Soekie is ‘n kinderbedienaar, liedjiesskrywer en
radiopersoonlikheid sedert 1992. Waneer sy nie op internasionale reise,
bedienings, uitreik of by skole bedien nie, maak sy multimedia hulpmiddels vir
ouers, onderwysers, kinder bedienaars en kinders.

 

Related Products

Donate