SKU: ISBN978-0-620-44301-2 Category:

Herfs Gedigte

R100.00

Hierdie bundel bevat een-en-tagtig gedigte. Van baie ernstige, emosionele, diep geestelike tot lekker lawwe en tong-in-die-kies rympies, bied ‘n wye verskydenheid om van te kies.

Soekie skryf met soveel eerlike opregtheid oor die allerdaagse dinge van die lewe. Maar dit is die doodgewoon, normale dinge wat die gladheid van ons gang bepaal. Soekie se versgedagtes sal jou weer laat dink oor die groot invloed van die “geraas van buite”, wat die “stilte van binne” kan oorweldig, as daardie stilte nie groot genoeg is nie. – Esté Geldenhuys

Alle gedigte oorspronklik deur Soekie Krog,

Meer inligting:

  • Bladsy Grootte: A5
  • Glans gelamineerde buiteblad
  • 155 Bladsye, insluitend buiteblad, voorwoord en inhoudsopgawe
  • Ook beskikbaar in oudioboek en digitale pdf op hierdie platform

Soekie en die Radikids is reeds jare bekend vir hulle opgewekte Christelike kindermusiek. Soekie is ‘n kinderbedienaar, liedjiesskrywer en radiopersoonlikheid sedert 1992. Waneer sy nie op internasionale reise, bedienings, uitreik of by skole bedien nie, maak sy multimedia hulpmiddels vir ouers, onderwysers, kinder bedienaars en kinders.

Related Products

Donate